Die POORT-skryfkompetisie is daarop gemik om skeppende talent onder hoërskoolleerders te ontdek, aan te moedig, en te waardeer.
Dit is vir ons ’n groot voorreg om u skool en leerders uit te nooi om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie 2027. Die Poort-kompetisie bied aan skole ’n besondere geleentheid om hul leerders se talent, kreatiwiteit en uitnemendheid na vore te bring. Ons moedig u aan om u leerders aan te spoor om met trots hul beste werk in te skryf en só hul talente, oorspronklike idees en harde werk met ’n breër gehoor te deel. Wie weet watter belowende skrywer, kunstenaar of denker deur hierdie geleentheid ontdek en aangemoedig kan word om nog groter hoogtes te bereik? Deur deel te neem, help u om jong talent te koester, kreatiwiteit te bevorder en ’n liefde vir uitnemendheid te vestig. Gee u leerders die geleentheid om te wys waartoe hulle in staat is – en laat hul beste werk vir hulle praat!
POORT-bundels kan by dr Linda Brink bestel word.
Tema: Eie keuse
Genres: Poësie | Prosa | Drama
Lengte: Verhale tot 1 500 woorde | Gedigte en dramas: wisselende lengte
Inskrywingsfooi: R60 per inskrywing
POORT-bundelvoorbladkompetisie: R40 per inskrywing. Tema: Eie keuse
Wie mag deelneem ∙Graad 10, 11 en 12 in 2027. Matrieks van 2026 is welkom om ook deel te neem.
Navrae: Dr. Linda Brink linda@akademie.co.za
Volg eenvoudig die volgende stappe om in te skryf.
Op die werk van elke leerder (ingedien in MS Word) moet die volgende bo-aan die werk verskyn:
Titel van werk:
Leerder se naam, van en graad:
Skool se naam:
Genre:
Onderwyser:
Inskrywingsfooi: R60 per skryfstuk | R40 per ontwerp.
Bankbesonderhede: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns
Tjekrekening: 610 810 004
Bank: ABSA, Brooklyn (Takkode: 632 005)
Verwysing: Poort2027 en skool/leerder se naam
Voltooi die:
Indien u ondersteuning nodig het met die aanlyn inskrywingsvorm, kontak asseblief vir
dr. Linda Brink by linda@akademie.co.za of skakel 086 133 3786.
Laai die vorm af:
Druk die verklaring vir elke leerder uit om afsonderlik in te vul en te onderteken. Leerders wat meer as een inskrywing het, kan al die titels van sy/haar werke op dieselfde verklaringsvorm invul.
Skandeer al die leerders se verklarings in een dokument en laai dit ook op saam met die inskrywings.
Ons moedig alle deelnemers aan om julle POORT-ervaring op sosiale media te deel – gebruik die hutsmerke #poort2027 en #saakademie.
Volg gerus ook die SA Akademie op die volgende platforms: